# Die ANC-Jeugliga in Gauteng sê die gebrek aan deursigtigheid met die ondersteuningsprogram van 500-miljoen-rand aan kleinsake-ondernemings, insluitend spazawinkels, ondermyn openbare vertroue. Die fonds sal bestuur word deur die Departemente van Handel, Nywerheid en Mededinging, en van Kleinsake-ontwikkeling. Die liga sê daar is nog geen duidelikheid oor die toekenningsproses of die bevoordeeldes nie. Hy voeg by die gebrek aan deursigtigheid wek ernstige kommer oor die billike verspreiding van bronne.
ANC-Jeugliga in Gauteng vra deursigtigheid oor R500-miljoen om kleinsake te steun