# Die ANC in die Wes-Kaap sê die party is op ‘n onomkeerbare pad van vernuwing en dit beteken skoon, verantwoordbare en en doeltreffende leierskap. Die party het die aanvaarding van die Wysigingswetsontwerp op Munisipale Stelsels verwelkom. Die wetsontwerp het volgens News24 ten doel om munisipale bestuurders en senior bestuurders wat regstreeks aan die munisipale bestuurders aanspreeklik is, te verbied om enige politieke amp te beklee. Dit moet ook toesien dat dié wat van wanbestuur beskuldig word, vasgetrek word. Cameron Dugmore van die ANC glo die wetsontwerp sal help om aanspreeklikheid van senior bestuurders in munisipaliteite te verseker.