# Die ANC in Limpopo wag op ‘n opdrag van sy nasionale kantoor oor die vorming van koalisies. Die Thabazimbi en Modimolle-Mookgophong plaaslike munisipaliteite het steeds nie volstrekte meerderhede nie. ‘n Raadsitting is by Modimolle-Mookgophong beplan, maar is uitgestel nadat ANC-raadslede nie opgedaag het nie. Die streekswoordvoerder, Matome Taueatsoala, sê hulle lede wag om hierdie week van die nasionale struktuur te hoor.