# Die ANC in Limpopo sê hy gaan nie sy ondervoorsitter wat by die VBS Mutual Bank-skandaal betrek word, afdank nie. Die LUR vir Maatskaplike Ontwikkeling, Florence Radzilani, word daarvan beskuldig dat sy 300-duisend-rand ontvang het omdat sy tydens haar termyn as burgemeester, van die Vhembe-munisipaliteit se geld by die bank belê het. ANC-woordvoerder Jimmy Machaka het aan News24 gesê gegrond op die inligting tot die party se beskikking, sal hulle haar beskerm. Indien bewyse egter gevind word dat sy voordeel getrek het, sal die party sy standpunt verander.
ANC in Limpopo vasbeslote om VBS-beskuldigde ondervoorsitter te ondersteun