# Die ANC in Gauteng het sy tevredenheid uitgespreek met die provinsie se koalisieregering, al het die party in die 2024-verkiesing steun verloor. Die provinsiale adjunkvoorsitter, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sê die party se koalisie met minderheidspartye werk goed in die regering van provinsiale eenheid. Die party is aan bewind deur minderheidspartye, wat die DA weens verskille uitsluit. Nkomo-Ralehoko het bevestig onderhandelings met die DA is op die lange baan geskuif en hulle sal nuwe inligting oor beraadslagings aankondig.
ANC in Gauteng tevrede met provinsie se koalisieregering