# President Cyril Ramaphosa bied vandag die ANC se jaarlikse Presidensiële Gholfdag by die Euphoria-gholflandgoed by Modimolle in Limpopo aan in aanloop tot die party se 110-de bestaansjaarviering môre in Polokwane. Deelnemers aan die gholfdag moes 350-duisend rand opdok vir ‘n potjie gholf saam met die president. Dit word opgevolg met ‘n galadinee vanaand waarin ‘n sitplek saam met die ANC-president 1,2-miljoen rand sal kos. Die party se tesourier-generaal, Paul Mashatile, sê dit sal help om die party se finansiële probleme op te los:
Speel klankgreep: ENG ANC golf day 1
Die voorsitter van die ANC in Limpopo, Stan Mathabatha, wat hom vir die geleentheid by Ramaphosa sal aansluit, sê dit is ‘n voorreg om die geleentheid in die provinsie aan te bied:
Speel klankgreep: ENG ANC golf day 2