# Amerikaanse voetbal: Die LA Rams het die Cincinnati Bengals in die Super Bowl-kompetisie op die SoFi-stadion in Kalifornië naelskraaps met 23-20 geklop. Cooper Kupp is as die wedstryd se Waardevolste Speler aangewys nadat hy twee keer punte aangeteken het, onder andere die wenpunte, een-minuut en 25-sekondes voor die wedstryd se einde. Hy het verlede week ook weggestap met die toekenning vir Verdedigende Speler van die Jaar. Dit is die Rams se tweede Super Bowl-kampioenskap en hulle eerste titel in Los Angeles sedert 1951.