Skip to content

Amerikaanse torpedojaer skiet anti-skeepsmissiele af wat van Yemen gevuur is

# Die Amerikaanse weermag sê een van sy torpedojaers het twee anti-skeeps-ballistiese missiele wat Saterdag van Jemen afgevuur is, vernietig toe hy op ‘n noodoproep van ‘n houerskip gereageer het. Die houerskip is in ‘n afsonderlike aanval getref. Die missiele is glo van grondgebied onder beheer van die Iran-gesteunde Huthi-rebelle gevuur en dit is die 23ste onwettige aanval van die Huthis op internasionale skepe sedert 19 November. AFP berig die aanval deur Jemeense rebelle, wat Israeliese en Israelies-verwante vaartuie teiken, stel ‘n duergangsroete in gevaar wat tot 12-persent van wêreldhandel dra, en wat die Amerikaanse vloot se Rooisee-beskermingstaakmag geaktiveer het.