Skip to content

Amerikaanse Tesourie stel sanksies in teen Islamitiese Staat-agente in Suid-Afrika

# Die Amerikaanse Tesourie het sanksies ingestel teen twee beweerde agente van Islamitiese Staat in Suid-Afrika en sê hulle gebruik rooftogte en ontvoerings om die terreurgroep te befonds. Volgens Amerika is Abubakar Swalleh bedrywig in Suid-Afrika en Zambië, en Zayd Gangat word verbind met ‘n wyer ISIS-netwerk oor Afrika. Leiers van ISIS in Suid-Afrika gebruik nog altyd rooftogte, afpersing en ontvoering vir ‘n losprys om geld in te samel vir die groep. Die sanksies bevries hulle bates in Amerika en verbied Amerikaanse burgers om met hulle sake te doen.