Skip to content

Amerikaanse minister van Verdediging in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal

# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Lloyd Austin, is volgens berigte in ‘n bedenklike toestand in ‘n hospitaal in Maryland met ‘n nood-blaasprobleem. Dit volg nadat hy gekritiseer is omdat hy nie sy prostaatkanker-diagnose en hospitaalverblyf in Desember en verlede maand bekend gemaak het nie. BBC News berig die 70-jarige Austin het sy funksies en pligte aan sy adjunk, Kahtleen Hicks, oorgedra voor hy hospitaal toe geneem is. Hy het president Joe Biden vroeër om verskoning gevra omdat hy nie die nuus van sy kankerdiagnose reg hanteer het nie.