# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, is in Israel as deel van Washington se hernude pogings om ʼn skietstilstand te bewerkstellig in die konflik van tien maande in Gaza. ʼn Nuwe skietstilstandplan wat Amerika, Katar en Egipte opgestel het, is verlede Vrydag voorgelê ná twee dae van beraadslaging in Doha. Bemiddelaars het hul pogings verskerp te midde van vrese dat Iran sal wraak neem na die sluipmoord op ʼn Hamas-leier in Teheran. Amerikaanse amptenare sê hulle is optimisties dat ʼn skietstilstand-ooreenkoms bereik sal word.
Amerikaanse minister van Buitelandse Sake besoek Israel om skietstilstand en gyselaar-ooreenkoms te bewerkstellig