# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het die Russiese minister van Buitelandse Sake, Sergei Lavrov, gevra om die krisis in die Oekraïene deur diplomasie op te los. Hy het gewys op die belangrikheid van ‘n diplomatieke benadering om die spanning te verlig rondom die Russiese magsopbou in en naby die Oekraïene. Lavrov het met verslaggewers gepraat terwyl die Duitse minister van Buitelandse Sake, Annalena Baerbock op ‘n besoek aan Moskou was. Hy sê Rusland wag vir ‘n antwoord van Amerika af oor veiligheidseise, voordat hy gesprekke oor die Oekraïene sal hervat.