# Amerika en Rusland sal volgende maand lank-verwagte samesprekings hou oor Europese sekerheid en die konflik in die Oekraïene. Die Russiese adjunk-minister van buitelandse sake, Sergei Ryabkov, het bevestig die ontmoeting sal op die tiende in Genève plaasvind. Die Kremlin wys al hoe meer daarop dat die Weste en Navo gevaarlik naby aan Rusland se grense beweeg. Verteenwoordigers van Moskou en Navo sal dan na verwagting op die 12de van volgende maand vergader, terwyl Rusland en die Organisasie vir Sekerheid en Samewerking in Europa, wat die Verenigde State insluit, die volgende dag byeen sal kom.