Die Amerikaanse president Joe Biden en sy Chinese ampsgenoot, Xi Jinping het ooreengekom om op militêre vlak te kommunikeer in ʼn poging om toenemende spanning tussen dié lande te verlig. Die twee leiers het by die Asië/Stille Oseaan-konferensie vir ekonomiese samewerking in Kalifornië ontmoet. Biden sê die herstel van onderlinge militêre kontakte is noodsaaklik om ongelukke en gevaarlike, verkeerde berekenings te verminder. Hy sê as twee ekonomiese en militêre supermagte, moet Amerika en China seker maak die wedywering tussen hulle stuur nie op konflik af nie:
Amerika en China stem in om onderlinge militêre kommunikasie te hervat [KLANK]
ENG BidenOnProgress