Skip to content

All Truck Drivers Forum en Allied South Africa skort beplande landwye afsluiting op

# Die All Truck Drivers-forum en Allied South Africa het hulle beplande landwye afsluiting vir vandag, opgeskort. Die afsluiting van diens, oor die indiensneming van buitelandse vragmotorbestuurders en ander kwessies, sou na verwagting die belangrikste vervoerroetes ontwrig. Die sekretaris-generaal van die twee organisasies, Gugu Sokhela, sê die leierskap het gister ‘n opbouende vergadering met die relevante belanghebbendes gehad. Hy sê hy hoop staatsdepartemente sal hulle verbintenis nakom om meer inspeksies te doen en die afdwinging van voldoeningsregulasies op te skerp.