Skip to content

Alien: Romulus beland bo-aan trefferlys na wêreldwye debuut

# Die volgende uitgawe in die Amerikaanse reeks rillerrolprente Alien: Romulus met Cailee Spaeny en David Jonsson in die hoofrolle het in sy openingsnaweek bo-aan die lokettrefferlys beland. Die fliek van 20th Century Studios het wêreldwyd meer as 19-miljard-rand verdien. Marvel se Deadpool & Wolverine wat reeds vier weke lank wys, is tweede en die romantiese drama, It Ends With Us, is derde. ʼn Geraamde 42-persent van die bedryf se somer-inkomste by kaartjiekantore is aan 20th Century Studios te danke. Dit sluit sy treffers, Inside Out 2 en Kingdom of the Planet of the Apes, in.