# Lede van die Al Jamah-party gaan hulle 67 minute vir Madiba deurbring deur verset-optogte op verskeie plekke te hou om die kollig op die hernude internasionale veldtog, Boycott Genocide Supporters, te plaas vir die beëindiging van die Israeliese volksmoord op Palestyne. ‘n Woordvoerder van die party, Sinazo Mtshengu, sê behalwe die protesoptrede vandag, sal die partyleier, Ganief Hendricks, vandag die internasionale oproep vir ‘n boikot en verbod op volksmoord benadruk in sy reaksie op president Cyril Ramaphosa se openingstoespraak by die Parlement. Mtshengu sê die protesoptrede word in Waalstraat, Kaapstad en Kromboomweg in Rondebosch-Oos gehou.
Al Jama-Ah hou optogte ter ondersteuning van volksmoordverset om Nelson Mandela-dag te herdenk