Skip to content

Aktrise in Zeffirelli se “Romeo and Juliet” sterf aan kanker op 73

# Kanker is onthul as die oorsaak van die dood van die 73-jarige Britse aktrise Olivia Hussey, wat oornag beroemd geraak het in die 1968-weergawe van die klassieke Shakespeare-werk “Romeo and Juliet”. Sy en Leonard Whiting het die hoofrolle gespeel in Franco Zeffirelli se bekroonde fliek oor die tragiese liefdesverhaal van twee Italiaanse tieners uit strydende families. Sy is met ‘n Golden Globe vereer. Hussey en Whiting het Paramount Pictures dekades later onsuksesvol gedagvaar vir seksuele uitbuiting omdat hulle onderskeidelik net 15 en 16 was toe hulle in ‘n naaktoneel verskyn het.