# Die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, sê die algehele agterstand met die uitreiking van rybewyse wat teen einde volgende maand hernu moet word, is tans landwyd 2,1-miljoen. Hy het Suid-Afrikaners inligting gegee oor sy departement se ingrypings. Sewentig persent van die agterstand, naamlik 1,5-miljoen, word toegeskryf aan die uitstel van spertye weens Covid-19. Mbalula sê 400-duisend kaarte kan na raming per maand gedruk word en daar word beraam die agterstand sal teen September uit die weg geruim wees:
Speel klankgreep: ENGFikileMbalula