# Brandbestryders van die Stad Johannesburg se Noodbestuursdienste het vroeër gereageer op ‘n brand op die hoek Jeppe- en Pollystraat in die Johannesburgse middestad. Die brand is onder beheer gebring. Aaltesaam agt klein winkels is geraak. Geen beserings is aangemeld nie. Die woordvoerder van Johannesburg Nooddienste, Xolile Khumalo, sê brandinspekteurs sal nou ondersoeke doen om die oorsaak van die brand te bepaal:
Agt winkels in Johannesburgse middestad deur brand geraak [KLANK]