# Agt verdagtes sal na verwagting vandag in die Pongola-Landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Hulle sal ook van die besit van gesteelde goedere, die besit van en handel in dagga, asook roof aangekla word. Die polisie het inligting oor ‘n sakeroof Saterdag by ‘n winkel in Godlwayo ontvang. ‘n Polisiewoordvoerder sê die inligting het ‘n span van die polisie na ‘n huis gelei waar die verdagtes weggekruip het:
Speel klankgreep: ENGThembekaMbele