Skip to content

Agt migrante, waaronder ses kinders, dood toe boot op pad na Griekeland sink

# Agt migrante, waaronder ses minderjariges, is dood nadat ‘n boot in die Egeïese See gesink het. Die Griekse kuswag sê byna 40 mense is gered en die soektog na oorlewendes duur voort te midde van sterk wind. Die voorval het noord van die eiland Samos plaasgevind. Die roete word gereeld deur mensesmokkelaars gebruik. Die Griekse ministerie van migrasie sê daar was vanjaar ‘n toename van 25-persent in die aantal mense wat oorlog en armoede wil ontvlug, met ‘n toename van 30-persent op die roete na Rhodos en die suidoostelike dele van die Egeïese See.