# Agri SA sê die verhoging van 6,9-persent in die nasionale minimumloon wat vanaf 1 Maart van krag is, sal boere se vermoë beïnvloed om voort te gaan om hul ondernemings winsgewend te bedryf sowel as om by te dra tot indiensneming in arbeidsintensiewe subsektore. Die uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, sê dit is noodsaaklik om te beklemtoon die verligting van armoede maak nie net staat op ‘n verhoging in lone nie. Dit moet ook op ‘n manier ontwerp word om ander maatskaplike en indiensnemingsbeleide aan te vul en te versterk.