# Agri Oos-Kaap het ‘n toesighoudende hofbevel bekom om die Ndlambe plaaslike munisipaliteit te dwing om onwettige vee te bekamp wat op munisipale meente en in woonbuurte loop. ‘n Woordvoerder sê dit was nodig omdat die munisipaliteit tydens ‘n regsgeding van vyf jaar nie die situasie kon beredder nie. Die hof het die munisipaliteit beveel om ‘n aansoek- asook ‘n dierebeheer- en opspoor-prosedure in te stel.