# Die landboubydryf-organisasie Agbiz het Annelize Crosby as sy nuwe regskenner verwelkom. Cosby is ‘n bekende in die landbou-beleidskringe. Sy het aan die begin van die maand by Agbiz aangesluit. Sy was voorheen Agri SA se regsadviseur en is reeds sowat 25 jaar by die debat oor grond betrokke. Deur die jare het sy die landbougemeenskap met raad oor landbou-beleid en -wette bedien. Sy het ook aan verskeie regeringrosesse en -debatte deelgeneem.