Skip to content

Afrobarometer-opname onthul 56% van Afrika se jeug steun militêre heersers

# Die Afrobarometer-opname het bevind 56-persent van jong Afrikane is ten gunste van militêre heersers en glo staatsgrepe vind plaas weens verkose leiers se magsmisbruik. News24 berig slegs 47-persent van mense ouer as 55 voel dieselfde. Die opname toon ook 60-persent van jongmense is ontevrede met demokrasie, en 40-persent glo hulle leiers is korrup. Dit hou verband met onlangse staatsgrepe in die Sahel-streek in Noord-Sentraal-Afrika, waar ontevredenheid met demokrasie algemeen voorkom. Die opname is gedoen onder 53-duisend mense in 39 lande.