Skip to content

Afrirent herstel vlootdienste aan Stad Johannesburg te midde van skuldgeskil

# Afrirent Fleet Management het sy dienste vir die Stad Johannesburg hervat nadat hulle meer as vier-duisend voertuie geskut het weens skuld van 90-miljoen-rand. Die maatskappy het ‘n kontrak van 30-maande van 1,2-miljard-rand wat in 2021 toegeken is om voertuie aan kritieke instellings teverskaf, insluitend die Metropolisie, City Power en Pikitup. Afrirent se uitvoerende hoof, Senzo Tsabedze, bevestig hulle voer samesprekings met die metro oor die onbetaalde skuld, wat hulle aan administratiewe ondoeltreffendheid toeskryf.