# AfriForum verwelkom die Hooggeregshof in Gauteng se besluit om die energie-reguleerder NERSA se appèl vir munisipale elektrisiteitstariefverhogings, af te wys. Die hof beskou die beplande verhogings as onregmatig, en het NERSA se aansoek verwerp. Morné Mostert van AfriForum beklemtoon munisipaliteite moet koste-van-verskaffingstudies voorlê om die tariefverhogings te regverdig. Hy sê die hof het beveel ongoedgekeurde tariewe moet omgekeer word hangende die voorleggingshersienings:
AfriForum verwelkom hofbevel teen NERSA se munisipale kragtarief-verhogings [KLANK]
AFR-MostertOnNersa