Skip to content

AfriForum se Nood van die Berg-span het besige Maart gehad

# AfriForum se Noord van die Berg-buurtspan het verlede maand hulle hande vol gehad. Hulle het gedurende Maart ’n totaal van 1-duisend-453 swartsakke met vullis gevul, ’n verdere 56 bakkievragte rommel opgeruim, nagenoeg 2-hektaar se gras gesny, vier spoedhobbels geverf én sowat 6-kilometer se paaie gevee. Boonop het hierdie span gemeenskapswerkers net-net meer as 700-kilometer afgelê om toe te sien dat dié opruimings- en opknappingswerk gedoen kon word. Dié buurtspan, wat uit drie werkers bestaan, werskaf op allerlei maniere in woonbuurte in Pretoria-Noord en Akasia.