# AfriForum sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het politieke gewin bo openbare veiligheid geplaas met sy program vir misdaadvoorkomingsbewaarders. Dit volg op die inhegtenisneming van ‘n bewaarder vir beweerde betrokkenheid by ‘n gewaande ontvoering en rooftog. Die burgerregte-organisasie sê onvoldoende opleiding en swak keuringsprosesse ondermyn die integriteit van die program, wat gemeenskappe in gevaar stel. AfriForum-woordvoerder, Jacques Broodryk, versoek inwoners om Lesufi se afdanking te eis oor die mislukkings van die program:
AfriForum sê Lesufi se program vir misdaadbewaarder bewys die risiko’s van gejaagde werwing [KLANK]
AFR BroodrykOnWarden