# AfriForum versoek inwoners om korrupsie in die Thabazimbi Plaaslike Munisipaliteit in Limpopo aan te meld, na klagtes oor onreëlmatige praktyke. Klagtes sluit in vertragings met die goedkeuring van bouplanne tensy nie-amptelike spoedfooie betaal word. Die munisipaliteit skuld ook meer as 216-miljoen-rand aan Magalies Water, wat die Nasionale Tesourie genoop het om sy befondsing op te skort. AfriForum-woordvoerder, Charné Mostert, sê ’n interne appèl is by die munisipaliteit is ingedien nadat hulle versoek om inligting oor beweerde korrupsie onbeantwoord gebly het: