Skip to content

Africa4Palestine verwelkom terugroep van Israel se ambassadeur in Suid-Afrika

# Die menseregteorganisasie Africa4Palestine het Israel se besluit verwelkom om sy ambassadeur in Suid-Afrika, Eliav Belotserkovsky, terug te roep. Dit volg dae nadat president Cyril Ramaphosa bevestig het die land het ʼn verwysing teen Israel by die Internasionale Strafhof ingedien oor sy militêre veldtog in Gaza. Daar is ook oproepe dat die Israelse ambassade in Suid-Afrika gesluit word. Africa4Palestine sê dis ʼn belangrike stap om, soos hy dit beskryf, Apartheid Israel aanspreeklik te hou vir sy oortreding van internasionale reg.