# Oudpresident Jacob Zuma se afdanking van Themba Maseko as hoof van die Regerings-kommunikasie-en-inligtingstelsel, GCIS, word beskryf as die eerste stap in die Gupta’s se staatskapingsplan. Die Zondo-kommissie skryf in sy eerste verslag die omstrede familie moes fasiliteerders in staatsbeheerde instellings en regeringsdepartemente soos die GCIS hê om fondse te herlei na hulle koerant, The New Age. Volgens News24 is daar ook bevind kontrakte tussen die publikasie en Transnet, Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens was onregmatig en verkwistend.