# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, sê die ondersteuning van die vervaardigingsektor in Suid-Afrika bly ‘n sleutelprioriteit vir die regering, want dit lei tot meer volhoubare groei en werkskepping. Die ondersteuning van die vervaardigingsektor en die ontwikkeling van beleid wat op mededinging gegrond is, sal ontsettend baie bydra om die uitdagings in die sektor te oorkom. Namate die wêreld verander, is Suid-Afrika in ʼn goeie posisie om innoverende maniere te oorweeg om die sektor te ontwikkel en te laat groei.
Adjunkminister Whitfield sê ondersteuning vir vervaardiging bly ‘n prioriteit vir die regering