Skip to content

Adjunkminister van Finansies versoek bank om munisipale herstel te ondersteun in Operasie Vulindlela

# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, versoek die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika, om leiding te neem in die tweede fase van Operasie Vulindela, wat fokus op munisipale hervorming. In sy reaksie op die bank se aanbieding van sy resultate, het Masondo gewys op die behoefte om kwessies rakende munisipale infrastruktuur en ruimtelike ongelykhede aan te spreek. Die uitvoerende hoof van die bank, Boitumelo Mosako, het bevestig 30-persent van die bank se leningsboek van 115-miljard-rand ondersteun munisipaliteite met verhoogde uitbetalings ten spyte van ekonomiese uitdagings.