# Die adjunkminister van Finansies, David Masondo, sê hulle oorweeg nie tans om die reeks produkte sonder BTW uit te brei nie. Hy het gister deelgeneem aan ʼn parlementêre debat wat deur die DA aangevra is om noodsaaklike verligtingsmaatreëls te bespreek. Masondo sê indien geen BTW op meer voedselsoorte gehef word nie, sal dit belastinginkomste verlaag en minder geld sal beskikbaar wees om armes op spesifieke maniere te help. Hy het beklemtoon alhoewel dit goed bedoel en nodig is dat sommige produkte van BTW vrygestel word, is ʼn maatskaplike oordragstelsel om armes deur spesifieke ingrypings te help, verkieslik en beter.
Adjunkminister van Finansies sê voedselprodukte met geen BTW gaan nie uitgebrei word nie