Skip to content

Adjunk-minister stel tjommie-program bekend vir positiewe veranderings in Manenberg [KLANK]

# Die adjunk-minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendriette Bogopane-Zulu, in samewerking met die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAID, stel môre die tjommie-program in Manenberg, Kaapstad bekend. Dit teiken tien- tot 14-jariges in ‘n gemeenskap wat deur bendegeweld en dwelmmisbruik geteister word. Die program is gemik op die vestiging van positiewe vriendskappe en wil die jeug motiveer om risiko-gedrag te laat vaar en maatskaplike kwessies soos afknouery te takel. Woordvoerder Lumka Oliphant sê die program beoog om MIV-besmettings, middelmisbruik en tienerswangerskappe te verminder deur kennis, vaardigheidsontwikkeling en jeugbemagtiging:  

ENG OliphantOnChommy