Skip to content

Adelaar amptelik na 250 jaar verklaar tot Amerika se nasionale voël

# Die Amerikaanse Adelaar is nou amptelike die nasionale voël van Amerika nadat president Joe Biden op Oukersaand die eer toegeken het aan die roofvoël met die wit kop en geel bek. Die voël is jare lank reeds ‘n nasionale embleem van Amerika. Dit het verskyn op die Groot Seël van die VSA wat sedert 1782 gebruik word op amptelike dokumente. Die Adelaarwetsontwerp was een van 50 stukke wetgewing wat Biden op Oukersaand bekragtig het, wat insluit ‘n federale teen-bedwelmingswet om geweld en sterftes op universiteitskampusse te pak.