Skip to content

ActionSA wil hê OVK moet ANC-skikking met Ezulweni Investments ondersoek [KLANK]

# ActionSA sê hy het ‘n skrywe gerig aan die OVK se uitvoerende hoof vir party-befondsing, George Mahlangu, om ondersoek in te stel na die ANC se vereffening van skuld van meer as 102-miljoen-rand aan Ezulweni Investments. Die ANC het in Desember verlede jaar ’n skikking buite die hof bereik met Ezulweni Investments, oor ’n omstrede 2019 kontrak vir verkiesingsmateriaal. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê Suid-Afrikaners moet weet hoe dié skuld vereffen is en of dit ingevolge ‘n wettige reëling vereffen is:

ENG BeaumontOnSettlement