Skip to content

ActionSA verwelkom Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na sakepersoon Edwin Sodi [KLANK]

# ActionSA het die spesiale Ondersoekeenheid se voorneme verwelkom om Lepelle Northern Water en die Gautengse Departement van Menslike Nedersettings se korrupte toekenning van kontrakte aan Blackhead Consulting te ondersoek. Die maatskappy behoort aan die sakepersoon Edwin Sodi wat ANC-bande het. ActionSA se woordvoerder, Malaika Ditabo, sê die maatskappy het die kontrak van 290-miljoen-rand vir fase een van die opknapping van die Rooiwal-watersuiweringsaanleg in Tshwane ontvang terwyl dit nie die nodige ervaring en kwalifikasies daarvoor het nie: