# ActionSA in die Wes-Kaap het die goedkeuring van die 300-bed Safe-Space-skuiling vir haweloses in Kaapstad verwelkom. Die Safe Space sal op munisipale depotgrond in Ebenezer-weg, Groenpunt, funksioneer en behoort vroeg volgende jaar in diens te wees. Michelle Wasserman van Action SA, sê die harde en onherbergsame toestande wat die straatlewe definieer, vereis waardige regeringsingryping. Sy sê daar is ‘n dringende en deurlopende behoefte aan ‘n deernisvolle poging om veilige skuiling te bied aan die stad se haweloses:
ActionSA verwelkom goedkeuring van Safe-Space-skuiling vir Kaapstad se haweloses [KLANK]