# ActionSA gee vet met sy No Vote, No Voice, No Change-veldtog voor die registrasienaweek op die 18de en 19de van hierdie maand. Provinsiale voorsitters, streekstrukture, aktiviste en verteenwoordigers van ActionSA se skakelingskantore sal hierdie naweek veldtogte in al nege provinsies aanvoer. Die doel is om ongeregistreerde stemgeregtigde Suid-Afrikaanse kiesers sover te kry om hul demokratiese reg uit te oefen deur te registreer om te stem in volgende jaar se algemene verkiesing. ActionSA skat dat ongeveer 14-miljoen stemgeregtigde kiesers nog moet registreer.
ActionSA verskerp No Vote, No Voice, No Change-veldtog