# ActionSA het ontevredenheid uitgespreek omdat die ANC/EFF-koalisie die Stad Johannesburg se speaker behou. ‘n Raadslid van die African Independent Congress, Margaret Arnolds, het die rol aanvaar en vir Colleen Makhubele wat verwyder is, opgevolg. Die voorsitter van ActionSA in Gauteng, Funzi Ngobeni, het tydens vandag se raadsitting teleurstelling uitgespreek oor die afwesigheid van hul koalisievennoot, die DA. Ngobeni dring aan die DA moet verantwoording doen aan inwoners vir hul optrede. Hy beklemtoon die verbintenis om vol te hou in pogings om die ANC/EFF-geleide koalisie uit sy mag in die Stad Johannesburg te verwyder:
ActionSA spreek teleurstelling uit omdat ANC/EFF-koalisie die raadspeaker-posisie behou [KLANK]
ENG-NgobeniOnDemocraticAlliance