# ActionSA het kommer uitgespreek oor berigte dat sommige studente hul toelaag van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gebruik om aanlyn te dobbel. Volgens die Nasionale Dobbelraad se verslag oor die 2023/2024-boekjaar, is 1,1-duisend-miljard-rand verlede jaar in die Suid-Afrikaanse dobbelbedryf verwed. Dit is 40,2-persent meer as die vorige boekjaar. Matthew George van ActionSA sê dis ʼn tragiese weerspieëling van hoe die regering se mislukkings jongmense na wanhoop dryf.
ActionSA geskok oor berigte van studente wat met hul NSFAS-toelaag dobbel