# ActionSA versoek president Cyril Ramaphosa om die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, onmiddellik te skors na bewerings van korrupsie en omkopery. Macpherson word daarvan beskuldig dat hy by verkrygingsprosesse ingemeng en na bewering ‘n joernalis betaal het om ‘n smeerveldtog teen die uitvoerende hoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust, Tebogo Malaka, te voer. Woordvoerder van ActionSA, Malebo Kobe, dring daarop aan dat Ramaphosa daadwerklike stappe moet doen om aanspreeklikheid te verseker, etiese standaarde in die regering te handhaaf en openbare vertroue te herstel:
ActionSA eis onmiddellike skorsing van minister Macpherson oor korrupsiebewerings [KLANK]
ENG KobeOnMacpherson