# ActionSA sê ‘n ontleding van hierdie jaar se plaaslike regeringsverkiesing toon die party het 64-duisend moontlike stemme verloor weens die weglating op die stembrief vir proporsionele verteenwoordiging. Die party se aankondiging is in die staatskoerant gepubliseer om seker te maak die naam kom op die stembriewe. ActionSA het egter nie die afkorting van die naam voor die verkiesing aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie verskaf nie, en daar was dus ‘n oop spasie op die stembrief. Die party sê met tussenverkiesings en die moontlikheid van herverkiesings, was hierdie stap van die uiterste belang.