Skip to content

ActionSA bekommerd oor gehokte voertuie van Stad Johannesburg

# ActionSA in Johannesburg sê hy is baie bekommerd oor die vlootbestuursmaatskappy Afrirent se opskorting van die stad se vloot voertuie. Dit volg weens die stad se skuld van 90-miljoen rand. Sello Mabelebele van ActionSA sê dit is kommerwekkend dat die burgemeester, Dada Morero, ongestoord voorkom oor die feit dat die een-duisend-176 voertuie wat die stad huur, nie oor die feestyd beskikbaar sal wees terwyl die fokus op padveiligheid is nie.