Skip to content

Action Society verwelkom vonnisse in Chevonne Rusch-saak

# Action Society verwelkom die uitspraak van die Hooggeregshof in Johannesburg in die saak van die tweejarige Chevonne Rusch, wat in 2022 doodgeslaan is. Stefan van Niekerk is tot lewenslank gevonnis, terwyl Chevonne se ma, Rochelle Botha, tot 25 jaar gevonnis is. Die hof het gehoor van die buitengewone wreedheid teenoor Chevonne, wat 49 beserings gehad het voordat sy aan erge bloeding op die brein beswyk het. Woordvoerder Juanita du Preez sê dit was Sondag twee jaar sedert die dood van Chevonne. Botha se aansoek om verlof tot appèl word op 22 Mei aangehoor.