# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het sy onwrikbare verbintenis tot ‘n geen-verdraagsaamheidshouding teen misdaad bevestig ná die inhegtenisneming van vyf mense, insluitend twee werknemers, vir dwelmhandel opdie OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng. Die beskuldigdes het gister in die Landdroshof in Kemptonpark verskyn op aanklagte wat verband hou met dwelmhandel en die oortreding van die Wet op Burgerlugvaart en die Wet op Doeane en Aksyns. Die ACSA-werknemers is van die Veiligheids- en Elektriese Instandhoudingsdepartemente, terwyl die ander vir Menzies Aviation en Swissport werk.