Skip to content

Achmat Dangor-letterkundeprys gemik op jong, voorheen benadeelde skrywers

# Aansoeke is oop vir die 2024 Achmat Dangor-letterkundeprys wat gemik is op sommige jong skrywers uit verskillende genres wat hul honneursgraad voltooi het of daarmee besig is. Ter ere van die Suid-Afrikaanse skrywer en aktivis is die letterkunde prys bedoel vir ʼn jong, voorheen benadeelde skrywer wat geld nodig het. Professor Ivan Vladislavić van die Wits-universiteit sê Dangor het ʼn onmeetbare bydrae tot Suid-Afrikaanse letterkunde gelewer. Aansoeke sluit op 15 September.